Being Happy starts with Being Healthy! Take the First Step towards a Happier, Healthier You with Imsyser

Terugvoering van Dominic oor artikel in Beeld

Terugvoering deur Dominic van Bloemfontein oor die Artikel wat in die Beeld verskyn het oor Imsyser . Baie Dankie Dominic .

“Joost-‘arts’ het ook wonderpille
Die artikel is misleidend, sleg nagevors, vol foute en kan baie skade verrig aan die vervaardiger. Stellings word as feite voorgegee en dit is onwaarhede. Net omdat “Joost se ARTS” die produkte verkoop gee die pers geen reg om teen die vervaardiger van die produkte n vendetta te begin nie.
Die produkte word deur menigte professionele apteke verkoop onder andere Dischem, Clicks, Alpha Pharm, PnP, TransPharm, TopMed en baie privaat apteke en gesondheids winkels. Die aansprake wat die produk maak is niks minder of meer as wat deur TOP produkte van die selfde soort gemaak word nie. Produkte wat deur die leiers in die Farmaseutiese industrie vervaardig word.

Ek kwoteer: “Dié produk is nie by die Suid-Afrikaanse Medisynebeheer- raad (MBR) geregistreer nie)”

Die produkte is inderdaard by die MCC/MBR geregistreer onder hulle toepasklike klasifikasie. Dit sou ook nie in Apteke beskikbaar gewees het as dit nie so was nie. Dit wys ook op die voorblad van hulle webwerf dat die produkte wel geregistreer is.

Ek kwoteer weer: “Dit is baie onverantwoordelik om sulke vals aansprake te maak”.

Die aansprake wat gemaak word is nie vals nie. Hulle stel dit duidelik dat die produk MAG HELP met sekere aandoenings. Daar is n magdom “bestandele” in die produk wat bespreek word, wat help vir baie aandoenings – minerale, vitamienes, omega 3,6 en 9 olies en aminosure. Bestandele wat elkedag deur miljoene mense wereld wyd gebruik word op aanbeveling van Dr’s. Hierdie produk het net baie in een pil. Die selfde AANSPRAKE word gemaak deur n menigte ander produkte soos byvoorbeeld Diabecinn wat deur duisende Diabete gebruik word. Dit is die terminologie wat gebruik word op voorskrif van die MCC/MBR.

Ek Kwoteer weer: “ Daar is ook geen manier om vas te stel wat hierdie middels werklik bevat nie.””

Op hulle webwerf – http://www.imsyser.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=105&Itemid=241 – gee hulle in DETAIL elke een van die 49 bestandele wat in die spesifike pil is. Benewens dit – hoe kan die stelling gemaak word as dit medies bewys is dat vitamienes, minerale en aminosure wel van nut is in duisende mediese toestande.

Die journalis wat die artikel geskryf het, het n swak poging aangewend om IETS te maak van die Joost storie wat die volgende dag ook gelees sal word.

Die koppeling tussen Joost se ARTS en die produk is van geen waarde nie en om die waarheid te se lagwekkend. Dit is dood eenvouding n swak storie en n aanval op n produk wat landwyd beskikbaar is. Sy kon net so wel gese het dat “Joost se ARTS” drink ENO’s en dan agter die vervaardigers aangaan omdat hulle stellings maak dat ENO’s sooibrand verlig – (wat dit nie doen in alle gevalle nie).

Ek kan nie sien hoe redakteurs kan toelaat dat sulke artikels (wat grens op LASTER) gepubliseer kan word nie.

Die artikel doen nou presies net dit wat dit IMSYSER van beskuldig. Maak wilde aantuigings wat aan die publiek as feite voorgehou word.

Ek wil dit net ook duidelik stel dat ek nie voorheen van die produk geweet het nie. Ek is nie gekoppel aan die vervaardiger in enige manier nie. Na die navorsing wat ek nou gedoen het oor die produk, sal ek dit in die toekoms self gebruik want as n Diabeet is daar verskeie middels in wat ek reeds gebruik uit tien verskillende botteltjies.

Dominic
Bloemfontein ”

Click here to shop:

Leave a Reply

%d bloggers like this: