‘n Wonderlike getuienis…ma van 6 jarige dogtertjie

‘n Ma lewer getuienis van haar dogter se kroniese hardlywigheid Wat ‘n wonderlike getuienis… My 6 jarige dogtertjie sukkel al amper 3 jaar met kroniese hardlywigheid. Sy het kort kort gekla van maagpyn wat ek dikwels afgemaak het as simptome van ‘n loopneus/post-nasale drup. So 6 maande terug het ons huisdokter ons na ‘n pediatriese…

By.

min read

Ma lewer getuienis

‘n Ma lewer getuienis van haar dogter se kroniese hardlywigheid

Wat ‘n wonderlike getuienis…

My 6 jarige dogtertjie sukkel al amper 3 jaar met kroniese hardlywigheid.

Sy het kort kort gekla van maagpyn wat ek dikwels afgemaak het as simptome van ‘n loopneus/post-nasale drup.

So 6 maande terug het ons huisdokter ons na ‘n pediatriese gastroentoroloog verwys wat haar op Pegicol gesit het. Haar kolon was baie aangepak so sy moes twee rondtes van disimpaksie doen om hom te kry om te beweeg en verligting te bring. Haar magie was steeds traag en het selfs daarna net so elke 2e of 3e dag beweeg. Met tye sommer vir 3-4 dae stil gestaan wat baie ongemak veroorsaak het. Na 6 maande van daagliks Pegicol/Movicol drink, bloettoetse en ‘n dermbiopsie, is sy toe met Celiac Disease gediagnoseer.

Die behandeling is ‘n streng glutenvrye dieët wat ons begin volg het. Vir ongeveer ‘n jaar al drink ons Nucleo shakes en was dus baie opgewonde om te hoor van die Imsyser produkte veral met ‘n stadige magie in die gesin. Ons het die Movicol behandeling gestaak en vir ‘n week lank vir haar oggend en laat middag ‘n Nucleo shake gegee met 1 scoop shake poeier, ‘n halwe eetlepel Imsyser Colon Cleanse en 15ml Imsyser probiotika.

Die Resultaat

Tot ons verbasing het haar magie die 2de dag al begin beweeg en daarna elke dag vir daai hele week. Toe ons ophou het hy egter weer gaan staan, so toe hou ons vol met een Nucleo shake ‘n dag met dieselfde hoeveelheid Colon Cleanse en probiotika om die derm weer te help leer beweeg. Haar magie het stadig weer aan die gang gekom en nou na 2 weke gaan hy amper elke dag.

Ons prys die Here vir die deurbraak en beveel graag julle produkte aan. Einde September moet ons weer die dokter sien en toetse laat doen. Ons vertrou die uitslag gaan baie positief wees Baie dankie en seën vir julle werk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *