, , , , ,

Horses – Therapy For Children

BERADING EN TERAPEUTIESE SESSIES OP DIE PERD SE RUG.  We would like to share this information with you, regarding the therapeutic nature of horse riding, and how it benefits children in many different areas where they experience, either mental or physical difficulties.  It is written in Afrikaans, as we are conveying the information to you,…

By.

min read

Dollarphotoclub_64724470

BERADING EN TERAPEUTIESE SESSIES OP DIE PERD SE RUG. 

We would like to share this information with you, regarding the therapeutic nature of horse riding, and how it benefits children in many different areas where they experience, either mental or physical difficulties.  It is written in Afrikaans, as we are conveying the information to you, as given directly by the client.  He has been in this business for several years in Cape Town, and is now back in Pretoria, and you can contact him directly as per his contact details at the bottom of this article.

Pastorale Berading word met Terapeutiese oefeninge en aktiwiteite op die perd se rug gekombineer. Die perde is in werklikheid die terapeute tydens sessies. Hulle verskaf die belangrikste kwaliteit van die ritte en dit is om die kinders onbewustelik te motiveer.

Ons maak gebruik van geskoolde perde tydens individuele of groeps-berading en terapie-sessies.

Tydens evaluering sessies word een tot vyf perde gebruik. Elke perd het twee tot drie helpers nodig. Een helper wat die perd lei en twee helpers wat aan die sye van die perd loop en wat met die aktiwiteite op die perd se rug help. Die helpers ondersteun ook ruiters met ‘n lomp postuur en wie nie balans het nie.

Die diens wat Omega Jeug Bedieninge aan die gemeenskap bied is ook uniek omdat Pastorale Berading en Terapeutiese aktiwiteite gesamentlik op die perd se rug gekombineer word.

Die belangrikheid van Perdry Terapeutiese Aktiwiteite is omdat daar deurentyd VESTIBULERE STIMULASIE plaasvind. Dit voer impulse na die breinstam, midbrein en serebellêre areas van die brein en dit vorm dan neutrale bane na die hoër areas in die brein. Dit is direk verantwoordelik vir SENSORIESE ontvangs wat PERSEPSIE, BEWEGING, POSTUUR, KOORDINASIE en AKKADEMIESE PRESTASIE asook GEDRAGSPATRONE beinvloed.

KAMPE:

Perde maak volledig deel uit van alle kampe wat aangebied word.

Roetemars (uitritte), nagmars en lantern bekruip word met die perde gestap.

Kinders slaap in tente naby perde en almal is deurentyd in kontak met hul perde.

Dwelm Afhanklikes.

Dwelm afhanklikes kry die geleentheid om deel te neem aan gewone aktiwiteite op ‘n plaas.

Die doel van die kamp is om individue op n ‘DETOX PROGRAM’ te plaas. Tydens die detox program word die individu se liggaam gereinig van gifstowwe wat deur dwelms agtergelaat is, ‘n proses word begin waartydens beskadigde organe weer opgebou word en deur n konstruktiewe program word nuwe denkpatrone geskep vir ‘n NUWE DWELMVRYE leefwyse. Nagmars word te perd gedoen. Perde maak ook volledig deel uit van alle programme waaraan dwelm-afhanklikes deelneem.

Perde Terapeutiese Oefeninge/Aktiwiteite help die kind met die volgende;

  • Verbeter balans,
  • Versterk die Spiere,
  • Verbeter koördinasie/reflekse,
  • Vergroot spier-beweegruimte,
  • Verbeter die asemhaling,
  • Verbeter  eetlus en spysvertering,
  • Sensoriese integrasie,
  • Verbeter selfvertroue,
  • Verhoog belangstelling in die “buite wereld”,
  • Verhoog belangstelling in die persoon se eie lewe,
  • Ontwikkel geduld,
  • Leer om emosies te beheer en selfdissipline,
  • Vriendskappe word gesluit,
  • Ontwikkel liefde en respek vir diere (dit word weer oorgedra na mense),
  • Ervaar vreugde/genot (om te kan deel aan aktiwiteite op die perd se rug),
  • Bevorder oog-hand koördinasie,
  • Visuele ruimte-persepsie.

Perde leer die mens om hulself te verstaan en eerlik met hulself te wees. ‘n Perd lees die mens se nie-verbale liggaamstaal.

Perde is net soos die mens baie sosiaal en hulle het besliste rolle binne hul trop. Hulle persoonlikhede, buie en houdings verskil ook van mekaar. Elke perd moet ook verskillend benader word, en wat vir die een werk, werk nie noodwendig vir die ander perd nie.

Hulle hou van pret en speel graag met mekaar. Die ouer perde sal die klein perdjies beskerm, maar ook vir die jong perde dissipline leer. Hulle sal ons respekteer wanneer ons hulle respekteer.

Die rol wat perde in mense se lewens vervul kan nie oorbeklemtoon word nie. Die doel met Berading en Terapeutiese oefeninge is dan ook om aan die getraumatiseerde persoon genesing te bring en riglyne te gee vir n NUWE LEWE.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *